af Afrikaans
Richard St. John "Success is a continuous journey" Afrikaans subtitles
Report a problem
Advertisement
Afrikaans transcript
Translator: Yi-Ting Wen 溫怡婷 Reviewer: Ingrid Lezar
Hoekom bereik so baie mense sukses en dan misluk hulle?
Een van die groot redes is, ons dink sukses is ’n eenrigtingstraat.
So ons doen alles wat lei tot sukses,
maar dan kom ons daar uit. Ons dink ons het dit gemaak,
ons sit terug in ons gemaksone,
en eintlik hou ons op om alles wat ons suksesvol gemaak het te doen.
En dit vat nie lank om afdraand te gaan nie.
En ek kan julle sê dat dit gebeur,
want dit het met my gebeur.
Ek het hard gewerk om sukses te bereik, myself gedruk.
Maar toe stop ek, want ek't gedink: "Julle weet mos, ek't dit gemaak.
Ek kan net terug sit en ontspan."
Ek het altyd probeer verbeter en om goeie werk te doen om sukses te bereik.
Maar toe stop ek, want ek't gedink: "Hey, ek's goed genoeg.
Ek hoef nie meer te verbeter nie."
Ek kon met goeie idees voorendag kom om sukses te bereik.
Want ek't allerhande eenvoudige dinge wat gelei het tot idees gedoen.
Maar toe stop ek, want ek't gedink ek was hierdie grootmeneer
en ek hoef nie aan idees te werk nie, hulle moet net vanself kom.
En die enigste ding wat gekom het, was kreatiewe blok.
Ek kon nie met enige idees opkom nie.
Ek het altyd op kliënte en projekte gefokus om sukses te bereik
en die geld geïgnoreer. Toe het al hierdie geld begin invloei.
En dit het my aandag afgelei.
En skielik was ek met my makelaar en my eiendomsagent op die foon,
terwyl ek eintlik met my kliënte moes praat.
Ek altyd gedoen waarvoor ek lief was om sukses te bereik.
Maar toe kry ek myself in dinge waarvan ek nie hou nie,
soos bestuur. Ek is die wêreld se swakste bestuurder,
maar ek't gedink dis my werk, want ek was tog
die president van die maatskappy.
Wel, ’n swart wolk het gou om my kop gevorm
en hier was ek, uiterlik baie suksesvol,
maar innerlik baie depressief.
Maar ek's ’n man; ek kon die saak beredder.
Ek't ’n vinnige kar gekoop.
(Gelag)
Dit het nie gehelp nie.
Ek was vinniger, maar net so depressief.
Toe gaan ek dokter toe. Ek sê: "Dokter,
ek kan als koop wat ek wil hê. Maar ek's nie gelukkig nie. Ek's depressief.
Dis waar wat hul sê, en ek't dit nie geglo tot dit met my gebeur het nie.
Maar geld kan nie geluk koop nie."
Hy sê toe: "Nee. Maar dit kan Prozac koop."
En hy sit my op antidepressante.
En ja, die swart wolk het ’n bietjie gelig, maar so ook al die werk,
want ek het net saam gedryf. Ek kon nie minder omgee of kliënte ooit bel nie.
(Gelag)
En kliënte het nie gebel nie.
(Gelag)
Want hulle kon sien dat ek hulle nie meer dien nie,
ek het net myself gedien.
Toe vat hulle hul geld en projekte na ander mense toe, wat hulle beter kon dien.
Wel, dit het nie lank gevat vir besigheid om soos ’n rots te val nie.
Ek en my vennoot, Thom, moes al ons werknemers laat gaan.
Dit was net ons twee, op die punt om onder te gaan.
En dit was puik.
Want met geen werknemers, was daar niemand vir my om te bestuur nie.
Toe keer ek terug na projekte waarvoor ek lief was.
Ek het weer pret gehad, harder gewerk en, om ’n lang storie kort te maak,
al die dinge wat my teruggeneem het na sukses gedoen.
Maar dit was nie ’n pretstappie nie.
Dit het sewe jare gevat.
Maar uiteindelik het besigheid groter as ooit gegroei.
En toe ek weer hierdie agt beginsels gevolg het,
het die swart wolk oor my kop heeltemal verdwyn.
Toe word ek eendag wakker en sê:
"Ek het nie meer Prozac nodig nie."
En ek het dit weggegooi en nooit weer nodig gehad nie.
Ek het geleer dat sukses nie ’n eenrigtingstraat is nie.
Dit lyk nie só nie; dit lyk eintlik meer só.
Dit is ’n voortdurende reis.
En as ons "sukses-na-mislukkingsindroom" wil vermy,
hou ons net aan om hierdie agt beginsels te volg,
want dis nie net hoe ons sukses bereik nie,
dis hoe ons dit volhou.
So op julle voortdurende sukses.
Baie dankie.
(Applous)